No coordinates found
Ecuador
is 'n land van Suid-AmerikaEcuador, amptelik die Republiek Ecuador, is 'n land in die middel van Suid-Amerika wat in die noorde grens aan Colombia, in die ooste en die suide aan Peru, en in die weste aan die Stille Oseaan. Die naam van dié land is Spaans vir die ewenaar, wat deur dié land loop. Ecuador is die mees westelike land wat langs die ewenaar geleë is. Dié land word deur die Andesgebergte in twee dele verdeel: die westelike kusland aan die Stille Oseaan en die oostelike Amasonebeken. Ecuador se hoofstad Quito is in die sentrale Andes geleë, terwyl dié land se grootste stad, Guayaquil, aan die Stille Oseaan geleë is.
Read article