Map Graph

Brisbane

hoofstad van Queensland, Australië

Brisbane is die hoofstad en grootste stad van die deelstaat Queensland in die ooste van Australië. Die metropool van Brisbane het 'n bevolking van ongeveer 2 miljoen mense. Die sakekern van die stad staan vandag waar die oorspronklike nedersetting in 'n kronkel van die Brisbanerivier, sowat 23 kilometer vanaf die monding te Moretonbaai, gevestig was. Die metropoolse gebied strek in alle rigtings langs die vloedvlakte van die Brisbane-riviervallei tussen die baai en die Groot Skeidingsgebergte. Die stad word deur verskeie munisipaliteite bestuur maar is hoofsaaklik gesetel rondom die Brisbane Stadsraad wat jurisdiksie het oor die grootste gebied en bevolking in Brisbane en is ook Australië se grootste plaaslike regeringsowerheid ten opsigte van bevolking.

Read article
Lêer:Brisbane_montage_2018b.jpgLêer:Flag_of_Brisbane.svgLêer:CoA_of_Brisbane.svgLêer:Brisbane_locator-MJC.pngLêer:Brisbane_map_of_city_cbd.PNG