Bloukransrivierbrug
Die Bloukransrivierbrug is 'n boogbrug langs die Tuinroete met 'n lengte van 451 meter en 'n horisontale span van 272 m. Die brug troon 216 m oor die bedding van die Bloukransrivier uit. Dit is 'n enkelboog-betonbrug wat tussen Februarie 1980 en Junie 1983 gebou is. Bloukransrivierbrug is die langste betonboogbrug in Afrika.
Read article