Bayon
Die Bayon is ’n bekende, ryklik versierde tempel uit die Khmer-ryk in Angkor, Kambodja. Dit is in die laat 12de of vroeë 13de eeu gebou as die amptelike staatstempel van die Mahayana-Bhoeddistiese koning Jayavarman VII. Dit staan in die middel van Jayavarman se hoofstad, Angkor Thom. Ná Jayavarman se dood is dit deur latere Hindoe- en Theravada-Boeddhistiese konings verander en aangepas volgens hul eie godsdiensvoorkeure.
Read article