Alberton
dorp aan die Oos-Rand (Gauteng)Alberton is 'n dorp aan die Oos-Rand (Gauteng) met 121 536 inwoners. Dit is geleë op die oewers van die Natalspruit, en naby groot sentra soos Johannesburg (15 km) en Pretoria (60 km). Dit is uniek uit 'n stadsbeplannings-oogpunt deurdat daar nie 'n rede vir sy ligging is nie, maar bloot die nabyheid aan die groot sentra. Die dorp is genoem na genl. H.A. Alberts, die hoof van die sindikaat wat in 1904 'n gedeelte van die plaas Elandsfontein aangekoop het met die doel om 'n dorp daarop aan te lê. Die Newmarket-perderenbaan in Alberton is welbekend, veral vir nagwedrenne wat hier plaasvind. Met sy groot industriële gebied, Alrode is Alberton nou deel van die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit.
Read article