Die Yangtze (Chinees: 長江 / 长江 , letterlik "Lang rivier"; ou spelling: Jangtse) is ná die Nyl en die Amasone die wêreld se derde langste rivier. Die rivier, met 'n lengte van 6 300 km, is die langste rivier in die Volksrepubliek China en in Asië.
Yangtze | |
---|---|
Skemeraand op die Yangtze naby die Drieklowe. | |
Die stroomgebied van die Yangtze. | |
Oorsprong | Saamvloei van Tuotuo He en Dam Chu in Yushu, Geladaindong-piek, Tanggula-gebergtes, Qinghai |
Monding | naby Sjanghai in die Oos-Chinese See |
Stroomgebied | Volksrepubliek China |
Lengte | 6 300 km (3 915 myl)[1] |
Oorspronghoogte | 5 042 m (16 542 voet) |
Mondinghoogte | 0 m (0 voet) |
Gemiddelde afloop | 30 166 m/s³ (1 065 302 vt³/s)[2] |
Stroomgebiedopp. | 1 808 500 km² (698 266 myl²)[3] |
Kaart van die Yangtze-bekken in Asië. |
Die Yangtze ontspring aan die Geladaindong-piek in die Tanggula-gebergtes in die Chinese provinsie Qinghai, sowat 450 km wes van die Geelrivier se oorsprong. Aansluitend vloei die rivier in 'n suidoostelike rigting. Net wes vloei die Mekong en die Salween. Hierdie beskermde gebied van drie parallelle riviere in Yunnan is deur UNESCO in 2003 as wêrelderfenisgebied gelys.[4]
Die bo- en middelloop van die Yangtze word tot by Yichang gekenmerk deur baie klowe. Die mees bekende daarvan is die "Drie klowe Qutang, Wuxia en Xiling", wat intussen deur die omstrede Driekloofdam oorstroom is. Sowat 1 500 km stroomaf van die Yangtze se oorsprong bereik die rivier die "Groot Buig van Shigu", waar die tot-hier-suidoosvloeiende rivier sy rigting verander en nou in noordoostelike rigting deur die "Tierspringkloof" vloei.
Naby Shiluoke verander die Yangtze weer sy rigting en vloei nou in 'n suidelike rigting tot by Chitian. Na 'n 90°-kurwe in 'n oostelike rigting bereik die Yangtze na sowat 55 km Rubeidi, vanwaar die rivier weer in 'n noordoostelike rigting vloei. Naby Gelipingzhen verander die vloeirigting na die ooste, wat die Yangtze tot by die monding van die vanuit die suide komende Xiao Jiang naby Yenjuping behou. Vanaf hier vloei die rivier oorwegend in noordoostelike rigting. Naby Xinshizhen is 'n 180°-lus met aansluitende rigtingsverandering na oossuidoos tot by Yibin. Hier mond die vanaf-die-noordweste-komende Min Jiang in die Yangtze (tot hier 金沙江, Jīnshājiāng; "Goldsandrivier" genoem) uit, wat vanaf hier verder in noordoostelike rigting tot by Chongqing vloei.
Die Yangtze word deur die Keiserkanaal met die Geelrivier verbind. Die grootste stede aan die rivier is Panzhihua, Yibin, Luzhou, Chongqing, Yichang, Jiangling, Shishou, Yueyang, Xianning, Wuhan, Ezhou, Huangshi, Jiujiang, Anqing, Tongling, Wuhu, Ma'anshan, Nanjing, Yangzhou, Zhenjiang, Nantong en Sjanghai.
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.