From Wikipedia, the free encyclopedia
Sir William Henry Solomon (1852 – 1930) was 'n Hoofregter van die Unie van Suid-Afrika. Hy is in 1852 in Bedford, Oos-Kaap, gebore. Hy studeer aan Lovedale, die South African College en Cambridge. In 1877 word hy advokaat by die Inner Temple en begin die volgende jaar in die Kaapkolonie praktiseer. Hy was ook 'n tyd lank in Kimberley waar hy in 1887 regter word. Nege jaar later is hy verplaas na die Oostelike Distriktehof van Grahamstad. Na die Tweede Vryheidsoorlog word hy regter vir die pasgestigte Hooggeregshof van Transvaal en in 1910 een van die oorspronklike regters van die Appélafdeling in Bloemfontein. In 1927 word hy Hoofregter en tree af in Oktober 1929. Hy is op 23 Junie 1930 in Wallis oorlede. Hy word beskou as een van die grootste regsgeleerdes wat Suid-Afrika nog opgelewer het.
William Henry Solomon | |
Ampstermyn 1927 – 1929 | |
Monarg | George V |
---|---|
Voorafgegaan deur | James Rose-Innes |
Opgevolg deur | Jacob de Villiers |
Regter van die Appèlafdeling | |
Ampstermyn 1910 – 1929 | |
Regter van die Griekwaland-Wes-Hooggeregshof | |
Ampstermyn 1900 – 1910 | |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 1852 Philippolis, Oranje-Vrystaat |
Sterf | 1930 |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.