Die Wikimedia-stigting (Engels: Wikimedia Foundation) is die oorkoepelende organisasie van Wikibooks, Wikidata, Wikinews, Wikipedia, Wikiquote, Wikisource, Wikispecies, Wikiversity en WikiWoordeboek. Dit is 'n nie-winsgewende organisasie, geregistreer volgens die wette van die Amerikaanse deelstaat Florida. Sy huidige hoofkwartier is in die Noord-Kaliforniese metropool San Francisco geleë.
Ontstaan
Die organisasie word op 20 Junie 2003 amptelik deur Jimmy Wales aangekondig. Die naam "Wikimedia" is uitgedink deur Sheldon Rampton soos op die WikiEN-l-eposlys in Maart 2003 versprei.[1] Daarna word die domeinname wikimedia.org en wikimediafoundation.org vir die stigting deur Wikipedia-gebruiker Daniel Mayer geregistreer.
Donasies
Aangesien Wikimedia 'n nie-winsgewende organisasie is, funksioneer hulle hoofsaaklik van donasies en subsidies. Wikimedia ontvang donasies op hul skenkingsbladsy. Dit is ook moontlik om donasies via PayPal of via outomatiese oorplasings te maak.
Raad van Trustees
Die Raad van Trustees is die administrasie van die Wikimedia-stigting en is aanspreeklik vir beleid ten opsigte van fondsinsameling en die aanwending van die inkomste.[2] Die administrasie bestaan uit sewe lede.
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.