aromatiese biotiese materiaal wat geurige rook by verbranding voortbring From Wikipedia, the free encyclopedia
Wierook is 'n mengsel van aromatiese organiese stowwe, wat aangesteek kan word om 'n aangename soet geur in die lug te versprei. Wierook verwys ook soms na die hars van die wierookboom (Boswellia). Die oorspronklike betekenis van die woord wierook is "wyrook" (soos in gewyde rook).
Wierook word al sedert 1700 v.C. gebruik, heel waarskynlik as 'n reukoffer. Die doel van hierdie reukoffers was om die gode gunstig te stem. Die geur sal dan met die gepaardgaande rook en gebed die lug in styg. 'n Praktiese gebruik vir wierook is om die reuk van verrotte lug te verdryf. Die bloed en reste van die diere wat die Jode geoffer het, is met die deurdringende geur van wierook gemaskeer.
Wierook word meer as 'n honderd keer in die Bybel vermeld, vanaf die boek Eksodus in die Ou Testament, tot en met Openbaring.
In die Psalms verwys Dawid daarna as 'n offer voor God:
In die Evangelie volgens Matteus in het Nuwe Testament gee die drie konings wierook aan die pasgebore Jesus:
In die boek Openbaring gebruik die engele wierook voor God in die hemel:
Wikimedia Commons bevat media in verband met Incense. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.