Suid-Afrikaanse speletjiesprogram From Wikipedia, the free encyclopedia
Wie Word 'n Miljoenêr? is die tweede Suid-Afrikaanse weergawe van Who Wants to Be a Millionaire?. Dit word in Afrikaans op kykNET uitgesaai.[1][2]Dit word aangebied deur Rian van Heerden.[3][4] Die topprys is R1 000 000.[5][6][7][8]
In hierdie weergawe se “Vinnigste Vingers”, verskyn 6 deelnemers. Dié spel vereis dat die deelnemers vier opsies in ’n spesifieke volgorde plaas – byvoorbeeld chronologies, alfabeties, oud na jonk, noord na suid of volgens datum.
Daar is vier hulplyne waarvan die deelnemer van drie gebruik kan maak.
Die aanbieder, Rian van Heerden, wat ook bekend was as ’n omroeper op Jacaranda FM, het al voorheen ’n speletjiesprogram, Op die Spel, op kykNET aangebied. In Op die spel is deelnemers se Afrikaanse spel- en taalvaardighede getoets.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.