Walter Gropius
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Walter Gropius (* 18 Mei 1883 Berlyn, Duitsland; † 5 Julie 1969 Boston, Massachusetts, VSA) was 'n Duits-Amerikaanse argitek en een van die invloedrykste wegwysers vir die moderne boukuns.
Duits-Amerikaanse argitek
Skool
Moderne Internasionale Argitektuur
Beduidende projekte
Bauhaus-ontwerpskool Dessau
Woonhuis in die Hansa-buurt, Berlyn
PanAm-wolkekrabber, New York
Toekennings en pryse
Ere-doktor van die
Gropius het in 1919 die Bauhaus gestig en as sy eerste direkteur gefungeer. Vanaf 1928 was hy in Berlyn werksaam, tog het hy ná die Nasionaal-Sosialistiese magsoorname eers na die Verenigde Koninkryk en daarna na die Verenigde State geëmigreer waar hy in 1937 as hoof van die Harvard-universiteit se Departement Argitektuur aangestel is.
Walter Gropius se fabrieksgebou vir die Duitse onderneming Fagus in Alfeld, Nedersakse, wat hy in 1911/12 saam met Adolf Meyer ontwerp het, was rigtingwysend vir die ontwikkeling van die moderne glas-beton-boustyl. Sy beduidendste projekte in die VSA sluit die McCormick-Estate-kantoorgebou in Chicago, die gebou van die Harvard-universiteit en die PanAm-wolkekrabber in New York in.
In 'n groot aantal teoretiese geskrifte het Gropius sy idees oor organiese stedebou en argitektuur as 'n funksionele organisasievorm geformuleer. Hy het 'n leidende rol by die beplanning en die bou van die nuwe stadsdeel Gropiusstadt in die suidooste van Berlyn gespeel.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Walter Gropius. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.