herstellendegeregtigheidstribunaal in postapartheid Suid-Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK) was 'n tipe hof wat gepoog het om geregtigheid na die afskaffing van apartheid in Suid-Afrika te herstel.[1] Getuies wat as slagoffers van growwe menseregteskendings geïdentifiseer is, is uitgenooi om verslag oor hulle ervarings te doen. Sommige hiervan is as openbare verhore aangebied. Die oortreders kon ook getuienis lewer en aansoek doen vir amnestie teen siviele en strafregtelike vervolging.
Die WVK is deur baie beskou as 'n kritieke deel van die oorgang na 'n volle en vry demokrasie in Suid-Afrika. Ondanks foute word die WVK oor die algemeen (maar nie universeel nie) as 'n sukses gesien.[2]
Die Instituut vir Geregtigheid en Versoening is in 2000 gestig as die opvolger van die WVK.
Persone wat vir amnestie in aanmerking wou kom moes:
Geïnspireer deur die Chileense Rettigverslag,[3] is die WVK ingevolge die Wet op die Bevordering van Nasionale Eenheid en Versoening, Nr. 34 van 1995, gestig en was in Kaapstad gesetel. Die verhore het in 1996 begin. Die mandaat van die WVK was om getuienis aan te hoor, dit op rekord te plaas, en in sommige gevalle amnestie aan oortreders van misdade, wat verband hou met mensregteskending, toe te staan, asook om herstel en rehabilitasie te bewerkstellig.
Van die hoë-profiellede van die WVK was onder meer: Aartsbiskop Desmond Tutu (voorsiter), Alex Boraine (adjunk-voorsitter), Sisi Khampepe, Wynand Malan en Emma Mashinini.
Die werksaamhede van die WVK is deur drie komitees verrig:
Openbare verhore van die Menseregteskendings- en Amnestie-komitees is regoor Suid-Afrika gehou, onder meer in Kaapstad by die Universiteit van Wes-Kaapland, Johannesburg (Central Methodist Mission), en Randburg (Rhema Bybelskool).
Die WVK het die mag gehad om amnestie toe te staan vir wandade wat tydens die apartheidsera gepleeg is, op voorwaarde dit was polities gemotiveerd, proporsioneel, en dat daar 'n volle ontboeseming van die dade voor die WVK aangebied is. Verslae en getuienis van menseregteskendings is aangehoor, en die amnestie-aansoeke van oortreders van die apartheidstaat tot die bevrydingsbewegings en die African National Congress se aansoeke is oorweeg.
'n Totaal van 5 392 amnestie-aansoeke is geweier, en 849 mense het kwytskelding ontvang, uit die 7 112 aansoeke wat ontvang was. Dit sluit aansoeke uit bykomede kategorieë in, asook aansoeke wat "teruggetrek" is.[4]
Die WVK se benadering tot versoening is in skerp kontras met die wyse wat die Neurenberg-verhore en ander de-Nazifikasiestappe hanteer is. Die versoeningsbenadering is as 'n suksesvolle manier gesien om die menseregteskendings met die politieke verandering in die land te hanteer. Ander lande het hierna Suid-Afrika se voorbeeld gevolg en soortgelyke kommissies ingestel, hoewel nie altyd met dieselfde oogmerke nie.
Daar bestaan uiteenlopende sieninge of die WVK se metode van herstellende geregtigheid 'n beter of slegter opsie as die vergeldende geregtigheid, soos dit met die Neurenberg-verhore toegepas was. In een opnamestudie[5] is die doeltreffenheid van die WVK op verskeie vlakke opgeweeg:
Die menings van drie etniese groepe is met die opname gemeet: die Anglo-Afrikane, die Afrikaners en die Xhosas.[5] Volgens die navorsers, het al die deelnemers die WVK as doeltreffend gesien om die waarheid uit te bring, maar die graad van sieninge het verskil van groep tot groep.
Die verskil in die menings oor hoe doeltreffend die WVK werklik was, kan toegeskryf word in watter lig elke groep die werksaamhede beskou het. Sommige het dit nie as heeltemal akkuraat gesien nie, aangesien baie mense sal lieg om hulself uit die moeilikheid te hou, terwyl hulle amnestie ontvang vir hul wandade. (In gevalle het die WVK amnestie aan sommige aansoekers toegestaan in oorweging van die erns van die misdade wat gepleeg is.) Sommiges het gesê die WVK-verhore het weer ou wonde oopgekrap waar hulle probeer het om te vergeet en wou aanbeweeg. Dus, die vraag of die WVK in sy doel geslaag het om werklik die waarheid uit te bring en sodoende versoening te bewerkstellig, is debateerbaar.[5]
Die verhore sou aanvanklik in camera wees, maar met die ingryping van 23 nie-regeringsorganisasies, is die media uiteindelik toegelaat om dit by te woon en oor die verrigtige te rapporteer. Op 15 April 1996, saai die SAUK die eerste twee ure van die eerste menseregteskendingsverhoor lewendig uit. Met fondse van die Noorweegse regering kon daar voortgegaan word met deurlopende radio-uitsendings van WVK-verhore. Bykomende hoë-profiel getuienis soos dié van Winnie Madikizela-Mandela, is ook regstreeks oor televisie uitgesaai.
Die res van die verhore is elke Sondag op televisie gewys. Van April 1996 tot Junie 1998 is eenuurlange episodes, Truth Commission Special Report, deur Max du Preez, voormalige redakteur van Vrye Weekblad, aangebied.[6] Die regisseurs was Anneliese Burgess, Jann Turner, Benedict Motau, Gael Reagon, Rene Schiebe en Bronwyn Nicholson, produksie-assistent.[7]
Verskeie films oor die WVK is vervaardig:
'n Navorsingstuk in 1998 deur die Suid-Afrikaanse Sentrum vir die Studie van Geweld en Versoening en die Khulumani Ondersteuningsgroep in 1998,[10][11] wat etlike honderde gevallestudies van slagoffers van mensregtevergrype gedurende die apartheidsera bestudeer het, het gevind dat die WVK nie daarin geslaag het om versoening tussen wit en swart gemeenskappe te bewerkstellig nie. Die meeste het geglo dat geregtigheid die voorvereiste vir versoening moet wees, eerder as 'n alternatief, en dat die WVK se simpatie eerder by die daders van die wandade was.[12][13]
Hoewel die voormalige president FW de Klerk voor die WVK verskyn en om verskoning gevra het vir die lyding wat apartheid veroorsaak het, was baie swartes woedend omdat daar amnestie aan die apartheidsregering gegee is vir die wandade wat gepleeg is. Die BBC het hierdie kritiek beskryf as 'n "basiese misverstand" oor die WVK se mandaat,[14] wat die waarheid oor wandade in die verlede moes ontbloot, eerder as om straf vir sulke dade uit te deel.
Onder die hoë-profiel mense wat ongelukkig was, en kritiek gelewer het, is die familie van die anti-apartheidsaktivis, Steve Biko, wat deur die veiligheidspolisie doodgemaak is, en oor wie se lewe die rolprent, Cry Freedom, gemaak is.[15]
Aan die ander kant van die spektrum, het die gewese apartheidspresident PW Botha 'n subpoena om voor die WVK te verskyn, geïgnoreer. Hy het na die WVK as 'n "sirkus" verwys. Sy minagting het hom 'n boete en 'n opgeskorte vonnis in die hof gekos, maar dit is later op appèl nietig verklaar. [16]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.