From Wikipedia, the free encyclopedia
VfB Oldenburg is 'n sportklub uit Oldenburg in die deelstaat Neder-Sakse in Duitsland. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir krieket, stoei, tafeltennis, vlugbal en rugby.
Volledige naam | Verein für Bewegungsspiele e.V. Oldenburg |
Stigtingsdatum | 17 Oktober 1897 |
Tuisveld | Marschwegstadion Oldenburg |
Kapasiteit | 15 000 |
Kompetisie | Oberliga Noord |
Die klub is op 17 Oktober 1897 as FC 1897 Oldenburg gestig en het in 1919 met FV Germania 1903 saamgesmelt om die huidige klub te vorm. Die klub het tussen 1990 en 2000 met ernstige finansiële probleme geworstel en was op 'n stadium onder administrasie. In 2004 het die Oldenburger Cricket Club, wat in die Duitse krieket-Bundesliga op die hoogste vlak meeding, by die klub aangesluit as die klub se krieketafdeling.
Die klub se beste prestasie was om tussen 1942 en 1945 in die Gauliga Weser-Ems op die hoogste vlak mee te ding. In die 1950’s het die klub ook 'n paar seisoene op die hoogste vlak in die Oberliga Noord deurgebring. In 1992 het die klub promosie na die Bundesliga met 1 punt gemis.
Die klub het sedert 1920 sy tuiswedstryde in die Donnerschweestadion (Die Hölle des Nordens - "Die hel van die Noorde") gespeel, maar moes die stadion in 1990 verkoop om van sy skuld te delg. Sedertdien speel die klub sy tuiswedstryde in die Marschwegstadion in Oldenburg.
|
|
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.