From Wikipedia, the free encyclopedia
Titus Flavius Vespasianus (17 November 9 - 23 Junie 79) was die negende keiser van die Romeinse Ryk van 69 tot 79.
Vespasianus | |
---|---|
9de Keiser van die Romeinse Ryk | |
Titus Flavius Vespasianus I. | |
Regeer | 1 Julie 69 – 23 Junie 79 (vir 9 jare en 358 dae) |
Volle naam | Titus Flavius Caesar Vespasianus Augustus |
Gebore | 17 November 9; Falacrina, Italië |
Oorlede | 23 Junie 79; Rome, Romeinse Ryk (op 69) |
Begrawe | Rome |
Voorganger | Vitellius |
Opvolger | Titus |
Adellike huis | Flaviaanse dinastie |
Vader | Titus Flavius Sabinus I |
Moeder | Vespasia Polla |
Eggenote | Domitilla die ouere Caenis |
Kinders | Titus Domitian Domitilla die jongere |
In die jaar 69 na Christus het 'n ommekeer in die Romeinse Ryk plaasgevind. Dít het bekend gestaan as die Jaar van vier keisers. Na die dood van Nero, die laaste keiser van die Julies-Claudiese geslagslyn, het 'n aantal aanspraakmakers om die troon gestry.
Die nuwe Romeinse keiser was uiteindelik Vespasianus, soldaat en man van die volk.
Na Gaius (Caligula) en Nero was die aansien van die keiser nie baie groot nie. Om sy posisie onder die volk te versterk het Vespasianus begin bou aan die Colosseum, 'n enorme skouburg wat vyftigduisend toeskouers kon huisves.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.