From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Van Ewijck-stigting het die versterking van die kulturele bande tussen Suid-Afrika en Nederland asook die bewaring van die Nederlandse kultuurerfenis in Suid-Afrika ten doel. Dit is in 1978 in Kaapstad gestig deur die Nederlandse sakeman Sippo J. van Ewijck van de Bilt en sy vrou. Beurse word jaarliks toegeken aan studente van direkte Nederlandse afkoms wat aan Suid-Afrikaanse universiteite studeer, studente wat op gevorderde vlak verder in Nederland wil studeer, of studente wat in Suid-Afrika ’n Nederland-verwante onderwerp wil bestudeer. Verskeie instellings vind ook baat by die Stigting se geldelike steun, soos o.a. die Nederlandse biblioteek in die Huis der Nederlanden (SASNEV) in Pinelands, Stichting Nederlandse School te Kaapstad, Stigting VOC, Van Riebeeck-Vereniging, die Woordfees van die Universiteit van Stellenbosch en die Vrije Universiteit van Amsterdam vir sy professoraat in Afrikaans.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.