From Wikipedia, the free encyclopedia
Utøya is 'n eiland in die Tyrifjord in die munisipaliteit (kommune) Hole van die Noorse fylke Buskerud, sowat 30 kilometer noordwes van die hoofstad Oslo. Dit is in besit van AUF, die jeugorganisasie van die Noorse Arbeidersparty en word deur die aandelemaatskappy Utøya AS bestuur.
AUF reël 'n jaarlikse politieke somerkamp op die eiland. Ná 'n bomontploffing in die middestad van Oslo op 22 Julie 2011 is 69 jongmense in 'n skietaanval op Utøya deur Anders Behring Breivik vermoor. Op dié tydstip was daar 560 jongmense op die eiland.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.