From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Universiteit Leiden is in 1575 opgerig en as sodanig die oudste universiteit in Nederland. Die instelling het sewe fakulteite en meer as 18 000 studente (akademiese jaar 2009-'10). Die naam van die universiteit was tot 1998 "Rijksuniversiteit Leiden". Afgestudeerdes van die universiteit het tot dusver 16 Nobelpryse ontvang.[2]
Universiteit van Leiden | |
---|---|
Universiteit Leiden | |
Latyn: 'Academia Lugduno-Batava' | |
Leuse: | Libertatis Praesidium |
Leuse in Afrikaans: | Bolwerk van Vryheid |
Leuse in Engels: | Bastion of Freedom |
Gestig: | 1575 |
Voorsitter: | Annetje Ottow |
Voorsittende Beampte: | {{{voorsittende beampte}}} |
Rektor: | Hester Bijl |
Personeel: | 5 500 (29 Jan 2016)[1] |
Studentetal: | 25 800 (2015/2016)[1] |
Ligging: | Leiden, Den Haag, Nederland |
Webtuiste: | http://www.leidenuniv.nl/ |
Die universiteit is in 1575 gestig deur Willem van Oranje. Destyds was dit vir die Noordelike Nederlande belangrik om hul eie geestelikes te kon oplei in die nuwe teologie en in Nederlands en dat goed opgeleide manne beskikbaar gestel kon word voor die land en die landsregering. Daar word aanvaar die keuse het op Leiden geval as 'n geskenk van Willem van Oranje na die stad se ontsetting. Hy het die universiteit befonds met die Katolieke geestelike besittings waarop die staat beslag gelê het. Die universiteit is op 8 Februarie 1575 in die Pieterskerk ingewy.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.