From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Tweebalk-seebras (Acanthopagrus bifasciatus) is 'n vis wat voorkom in die weste van die Indiese oseaan, die Rooisee en van Oman tot by Durban. Hulle kom ook voor by Madagaskar. In Engels staan die vis bekend as Twobar seabream.
Tweebalk-seebras | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Acanthopagrus |
Spesie: | A. bifasciatus |
Binomiale naam | |
Acanthopagrus bifasciatus (Forsskål, 1775) | |
Die vis se kop en lyf is silwer met twee swart vertikale strepe oor die kop. Die volwasse vis het 'n swarterige kolletjie op elke skub. Die anale en bekken vinne is swarterig, die pektorale vinne is geel en die dorsale- en stertvinne is geel met 'n swart rand om. Die vis word sowat 50 cm lank.
Die vis kom voor in koraalriwwe, baaie en strandmere in water van 15 – 30 m diepte. Daar is nie te veel bekend oor die vis nie. Die onvolwasse vissies is gewilde akwarium diere.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.