Bokwark

From Wikipedia, the free encyclopedia

Bokwark

Die bokwark of t-kwark (simbool: t, van die Engelse top quark) is die swaarste van al die kwarke, ’n soort elementêre deeltjie, en ’n hoofbestanddeel van materie. Nes ander kwarke is die bokwark ’n elementêre fermion wat al vier fundamentele kragte: swaartekrag, elektromagnetisme, swak kernkrag en sterk kernkrag ervaar. Die antideeltjie van die bokwark is die anti-bokwark (of anti-bo), waarvan sekere eienskappe dieselfde magnitude maar teenoorgestelde teken het. Bokwarke het ’n spin van +12,[2] 'n elektriese lading van +23 e[3] en ’n massa van 172,9±1,5 GeV/c2.[4]

Kitsfeite
Bokwark
Thumb
Die bokwark se plek in die Standaardmodel (onder kwarke).
SamestellingElementêre deeltjie
StatistiekFermionies
GroepKwarke
GenerasieDerde
WisselwerkingSterk, swak, elektromagneties, swaartekrag
Simboolt
AntideeltjieBo-antikwark
GeteoretiseerMakoto Kobayashi en Toshihide Maskawa (1973)
OntdekCDF en DØ (1995)
Massa172,44 ± 0,13 (stat.) ± 0,47 (sist.) GeV/c2[1]
Verval inOnderkwark (99,8%)
Vreemdkwark (0,17%)
Afkwark (0,007%)
Elektriese lading+2/3 e
KleurladingJa
Spin1/2
Swak isospinLH: +1/2, RH: 0
Swak hiperladingLH: +1/3, RH: +4/3
Sluit
Thumb
’n Botsing waarby bokwarke betrokke is.

Die bokwark was eers in die Standaardmodel, wat in die 1970's ontwikkel is, voorgestel. Dit is die swaarste kwark en is in 1995 waargeneem met behulp van die D0-detektor en die CDF-detektor in Fermilab se Tevatron-versneller. Die bokwark word in die natuur in die termosfeer vervaardig wanneer kosmiese straling met ione bots. Op die oomblik is slegs die energie van die Tevatron-versneller en CERN se Groot Hadronversneller hoog genoeg om bokwarke in 'n laboratorium te produseer.[5]

Die bokwark se wisselwerking word hoofsaaklik deur die sterk krag gedryf waar kwarke in pare geproduseer word, naamlik 'n bokwark en 'n anti-bokwark. Wanneer die bokwark se wisselwerking deur die swak krag gedryf is, word enkele kwarke geproduseer. Kwarke verval byna uitsluitlik in ’n W-boson en ’n onderkwark (99,8%), maar dit kan ook soms in ’n W-boson en ’n vreemdkwark (0,17%) of in ’n W-boson en ’n afkwark (0,007%) verval. Volgens die Standaardmodel is sy leeftyd rofweg 5×1025 s.[6][5] Dit is 20 keer korter as die tyd vir sterk wisselwerkings en daarom vorm hulle nie hadrone nie – dit bied wetenskaplikes dus ’n unieke geleentheid om ’n "naakte" kwark te sien. (Alle ander kwarke kan net in hadrone gevind word.)

Verwysings

Notas

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.