Skotse reisiger en jagter From Wikipedia, the free encyclopedia
Thomas Leask (1839 - 1912) was 'n Skotse reisiger en jagter. Hy is 1839 in die Orkney-eilande gebore. Hy bereik Natal in 1862 en begin in 1866 met sy reise in Masjonaland. In 1869 gaan hy na die Zambezirivier vergesel van dr. Calderley. Die twee was van die eerste blankes wat die Victoria-waterval gesien het. Leask was 'n persoonlik vriend van sowel Silkaats as Lobengula. Hy tree in 1870 af en gaan in Klerksdorp 'n vennootskap aan met J Taylor, as Thomas Leask & Kie. Daar het hy 'n leidende aandeel in die ontdekking van die eerste goud gehad en is in 1887 as die eerste president van die Klerkdopse Kamer van Mynwese verkies. Hy is in 1912 in Skotland oorlede.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.