From Wikipedia, the free encyclopedia
TSV Wulsdorf is 'n sportklub uit Bremerhaven in die deelstaat Hansestad Bremen in Duitsland. Wulsdorf is 'n stadsdeel van Bremerhaven wat voorheen 'n onafhanklike dorp was. Dit is in 1920 by Geestemünde ingelyf, wat in 1924 met Lehe saamgesmelt het om die stad Wesermünde te vorm. Wesermünde is in 1947 herdoop na Bremerhaven.
Volledige naam | Turn und Sportvereinigung Wulsdorf von 1861 e.V. |
Stigtingsdatum | 1861 |
Tuisveld | Sportplatz Bremerhaven-Wulsdorf, Bremerhaven |
Kapasiteit | 1 000 |
Kompetisie | Oberliga Bremen |
Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir onder meer atletiek, gimnastiek, tafeltennis, vlugbal, basketbal, pluimbal en tennis. Die klub het ook sy eie blaasorkes.
Die huidige klub is in April 1939 gestig met die samesmelting van Turnverein Wulsdorf, Gut Heil Wulsdorf, SV Wulsdorf en Verein für Leibesübungen Wulsdorf. Gut Heil Wulsdorf was die oudste van die voorgangers en is in 1861 gestig as 'n gimnastiekklub.
Die klub speel tradisioneel in die skaduwee van TuS Bremerhaven 93 en sy opvolgers OSC Bremerhaven en FC Bremerhaven.
|
|
Oberliga Bremen 2009/10-seisoen | |
Blumenthaler SV – VfL 07 Bremen – SV Werder Bremen III – SV Türkspor Bremen-Noord – Bremer SV – |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.