vis spesie From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Swartgekolde valkvis (Cristacirrhitus punctatus) is 'n vis van die westelike Indiese Oseaan waar dit voorkom by Madagaskar, Mauritius en aan die ooskus van Suidelike Afrika vanaf Mosambiek tot by die Oos-Kaap. In Engels staan die vis bekend as die Blackspotted hawkfish.
Swartgekolde valkvis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Cristacirrhitus |
Spesie: | C. punctatus |
Binomiale naam | |
Cristacirrhitus punctatus (Cuvier, 1829) | |
Die vis word tot 17 cm lank. Die vis lyk meer na 'n skerpioenvis en die lyf is dof gevlek met onreëlmatige bruin en ligter vlekke. Die kop is donkerrooi met verskeie swart en ligte kolletjies. Die vinne is rooi met nou, ligte strepe.
Hulle leef in kusrotsareas en vlak riwwe in water wat 10 tot 30 m diep is. Die visse is alleenlopers en word maklik misgekyk weens hul uitstekende kamoeflering. Hulle vreet klein vissies en ongewerweldes.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.