From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Strand is 'n relatief oop landstrook langs die kuslyn. Strande het gewoonlik min indien enige plantegroei en is met sand of fyn gruis gedek. Strande loop skuins afwaarts na die water en branders, waar dit in die seebodem oorgaan.
Baie mense hou daarvan om langs strande te stap, te swem of te lê en sonbruin. Die gewildste strande het gewoonlik fyn wit of lig-gekleurde sand en warm water om in te swem. Dit is 'n trekpleister vir toeriste en vakansiegangers.
Swemdrag, soos 'n swembroek of baaikostuum, word gewoonlik op strande gedra. Daar bestaan ook afgebakende strande vir nudiste waar klere opsioneel is of selfs glad nie toegelaat word nie.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Beaches. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.