Straat van Magellaan
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Straat van Magellaan (Spaans: Estrecho de Magallanes) is 'n seestraat op die suidpunt van die Suid-Amerikaanse vasteland wat die Atlantiese Oseaan in die ooste met die Stille Oseaan in die weste verbind en Patagonië in die noorde van Vuurland in die suide skei. Sedert die grensverdrag van 1881 met Argentinië val dié seestraat volledig onder Chili se beheer.
Straat van Magellaan | |
---|---|
Nasa-satellietbeeld van die Straat van Magellaan | |
Kaart van Vuurland met die Straat van Magellaan | |
Koördinate: | 53°28′51″S 70°47′00″W |
Ligging: | Chili |
Soort: | Seestraat tussen die Atlantiese en Stille Oseaan |
Lengte: | 570 km |
Breedte: | 3,5 km |
Eiland/e: | Vuurland |
Nedersettings: | Punta Arenas |
Die Straat van Magellaan het 'n lengte van 570 km en is op sy nouste net 3,5 km wyd. Die grootste nedersetting wat aan die Straat van Magellaan geleë is, is die Chileense stad Punta Arenas, wat soms as die suidelikste stad ter wêreld beskou word.
Die Straat van Magellaan is na Ferdinand Magellaan genoem, wat dit op 21 Oktober 1520 tydens sy omseiling van die wêreld ontdek het. Deur 'n storm is sy vloot op 1 November 1520 in die vermeende baai gedryf wat later 'n seestraat geword het. Magellaan het dit aanvanklik "Kanaal van die Allerheilige" (Portugees: Estreito de Todos os Santos) genoem wat later deur die Spaanse koning in Estrecho de Magallanes verander is.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.