From Wikipedia, the free encyclopedia
Stokvis (Merluccius capensis) is 'n vis wat voorkom vanaf suidelike Angola, rondom die Suid-Afrikaanse kus tot by KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as Shallow-water hake. Die vis het groot kommersiële waarde.
Stokvis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | Paracanthopterygii |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | Merlucciinae |
Genus: | Merluccius |
Spesie: | M. capensis |
Binomiale naam | |
Merluccius capensis (Castelnau, 1861) | |
Die vis is bruinerig op die rug en aan die bokant en die onderkant is silwerig wit. Die anale en tweede dorsale vinne is lank. Die vis kan 1.4 m lank en tot 19 kg swaar word.
Die stokvis kom voor op die kontinentale bank tot op dieptes van 550 m. Gedurende die dag rus die volwassenes op die bodem en gedurende die nag beweeg hulle hoër op. Hulle eet hoofsaaklik vis en skaaldiere. Die wyfies skiet kuit gedurende Oktober tot Desember. Die onvolwasse vissies bly in skole saam op die oppervlak.
Met die korrekte bestuur kan tot 500 000 miljoen ton stokvis per jaar gevang word.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.