Zoeloekoning From Wikipedia, the free encyclopedia
Solomon kaDinuzulu (1891–1933) was die Zoeloenasie se koning vanaf 1913 tot en met sy dood op 4 Maart 1933 by Kambi. kaDinuzulu is op die eiland Sint Helena gebore tydens sy vader (koning Dinuzulu kaCetshwayo) se ballingskap.
Solomon kaDinuzulu | |
---|---|
Koning van die Zoeloenasie | |
Dinastie | Huis van die Zoeloe |
Bewind | 1913–1933 |
Volle naam | Solomon kaDinuzulu |
Gebore | 1891 |
Sint Helena | |
Gesterf | 4 Maart 1933 |
Voorganger | Dinuzulu |
Opvolger | Cyprian Bhekuzulu kaSolomon |
Kinders | Cyprian Bhekuzulu kaSolomon |
Vader | Dinuzulu |
Hy was 'n stigterslid van die oorspronklike Inkatha (of Inkatha kaZulu soos dit bekend staan) saam met die ANC in die 1920's. Dit was hoofsaaklik gevorm om teen Jan Smuts se Bantoesake-wetgewing van 1920 te protesteer.
Een van sy susters was Prinses Magogo kaDinuzulu. Sy het bekend geword as sanger van tradisionele Zoeloeliedjies asook as die moeder van Mangosuthu Buthelezi, leier van die Inkatha-Vryheidsparty (IFP).
Hy is deur sy seun Cyprian Bhekuzulu kaSolomon as koning opgevolg.
Voorafgegaan deur Dinuzulu kaCetshwayo |
Koning van die Zoeloenasie 1913–1933 |
Opgevolg deur Cyprian Bhekuzulu kaSolomon |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.