From Wikipedia, the free encyclopedia
Sidney Harman (* 4 Augustus 1918 in Montreal, Kanada; † 12 April 2011 in Washington, DC) was 'n Amerikaanse sakeman en baanbreker in die hoëtroubedryf wat ook by onderwys, regeringsake, vervaardiging en die uitgewersbedryf betrokke geraak het. Hy was die emeritus-voorsitter van Harman International Industries, Inc..
Sidney Harman
Amerikaanse sakeman, politikus en uitgewer
Tegniese prestasies
Festival D1000
Eerste geïntegreerde hoëtrou-ontvanger ter wêreld (1955)
Tussen 1977 en 1978 het hy die pos van adjunk-handelsminister in die Carter-administrasie beklee. Vanaf Augustus 2010 was hy die eienaar en uitgewer van die Amerikaanse weekblad Newsweek.
Hy was met Jane Harman (* 1945) getroud, 'n voormalige Demokratiese afgevaardigde in die Kaliforniese Kongres wat die 36ste kongresdistrik in die suide van die deelstaat (met Redondo Beach en Manhattan Beach) verteenwoordig het.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.