Santu Mofokeng
Suid-Afrikaanse fotograaf From Wikipedia, the free encyclopedia
Suid-Afrikaanse fotograaf From Wikipedia, the free encyclopedia
Santu Mofokeng (19 Oktober 1956, Soweto – 26 Januarie 2020) was 'n fotograaf wat dokumentêre swart-en-wit-fotografie tot kunsvorm omgeskep het. Sy werk het gefokus op aktiwiteite van mense in die townshipomgewing. Een van sy bekende werke is: The Drumming, Johannesburg-Soweto Line, from Train Church, 1986. Aanvanklik het hy nie sukses behaal in Suid-Afrika nie, maar nadat hy in Frankryk, Switserland, België en Amerika uitgestal het, het dit verbeter. Sy mentor was David Goldblatt. Mofokeng het aan die International Centre of Photography in New York gestudeer.
Santu Mofokeng | |
---|---|
Gebore | |
Sterf | 26 Januarie 2020 (op 63) Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Alma mater | International Centre of Photography |
Beroep | Fotograaf |
Bekend vir | The Drumming, Johannesburg-Soweto Line, from Train Church |
Eggenoot | Boiumelo Mofokeng |
Kinders | Thato, Reikanne en Ntshadi |
Sy hele lewe lank het hy teen depressie geveg; hy het aan bipolêre gemoedsteuring gely. Hy is op 26 Januarie aan progressiewe supranukleuêre gestremdheid in Johannesburg oorlede. Hy word oorleef deur sy vrou, Boiumelo, en drie kinders, Thato, Reikanne en Ntshadi.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.