Die Boesmans of die San is 'n volk wat woonagtig is in Suider-Afrika. Hulle was oorspronklik jagter-versamelaars, deel van die Khoisan-groep en verwant aan die Khoikhoi wat, in teenstelling met die San, nomadiese veeboere was. Die Boesmans word beskou as die oorspronklike inwoners van Suid-Afrika en woon reeds 40 000 jaar lank in die suidweste van die land. Uit die gebied wat vandag as Botswana bekend staan, het die Khoikhoi waarskynlik 2 000 jaar gelede na die Kaapprovinsie getrek, waar hulle die San aangetref het. Europeërs het hulle Hottentotte genoem, 'n verwysing na hul taal wat volgens die blankes só hortend gepraat is dat dit geklink het soos "hot" en "tot".[1] Hierdie twee groepe het saamgesmelt en staan vandag bekend as die Khoisan.
Boesmans | |
---|---|
San-dorpie in Namibië | |
Totale bevolking: | 90 000+ |
Belangrike bevolkings in: | Botswana 55 000 Namibië 27 000 |
Taal: | Khoisan-tale |
Geloofsoortuiging: | San-religie |
Verwante etniese groepe: | Khoikhoi, Xhosa, Basters, Griekwas. |
Naamgewing
Die benaming Boesman kom van die Nederlandse woord bosjesman, aangesien dié mense tradisioneel in die veld tussen bossies gewoon het. Die benaming is dus van Europese oorsprong en nie selfgekose nie. Terselfdertyd is die benaming San oorspronklik deur die Boesmans se etnies verwante, tradisionele mededingers, die Khoikhoi gebruik. Die woord is neerhalend gebruik en beteken buitestaander.[2] Die Khoisan het geen kollektiewe benaming vir hulself nie, en verwys na hulself volgens enger stam- of groepname, soos Ju/'hoansi (woonagtig tussen die grens van Noord-Namibië en Botswana), Hai//om (woonagtig naby die Etosha Nasionale Park) of !Kung. In hierdie name verteenwoordig die leestekens verskillende kliekklanke.[3] Alhoewel die woord Boesman deur sommige as polities-verkeerd beskou word, verkies baie van dié mense die benaming bo San.[4]
Literatuur
- Gardiner, Nancy: The Little Golden People are Back. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 19, nr. 4, Junie 1970
- von Wielligh, G.R.: Boesman-Stories. Deel 1, Mitologie en legendes
Sien ook
Verwysings
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.