From Wikipedia, the free encyclopedia
Preußen Münster is 'n Duitse sokkerklub uit Münster in Noord-Rynland-Wesfale.
Volledige naam | Sportclub Preußen 06 e.V. Münster |
Stigtingsdatum | 30 April 1906 |
Tuisveld | Preußenstadion Münster |
Kapasiteit | 15 050 |
Kompetisie | 2. Bundesliga (II) |
Die klub is in 1906 as FC Preußen gestig (as 'n skoolspan) en is in 1921 omskep in 'n sportklub en herdoop na die huidige naam. Tydens die Derde Ryk het die klub verskeie seisoene in die Gauliga deurgebring, destyds die hoogste klas. Na die Tweede Wêreldoorlog het die span in 1948 na die Oberliga Wes gepromoveer en die eerste Duitse klub geword om spelers aan te koop, iets wat destyds ongehoord was in 'n land wat toegewy was aan die ideaal van amateurisme.
Die belegging het twee jaar later dividende gelewer toe die klub die 1951-eindstryd om die Duitse titel gehaal het. Die wedstryd teen 1. FC Kaiserslautern in die Olimpiese stadion in Berlyn is egter met 1-2 verloor.
In 1963 was die Arende 'n lid van die eerste Bundesliga-seisoen, maar is aan die einde van die seisoen gerelegeer. Die span kon nog nooit weer die Bundesliga haal nie. In 2006 is die span na die Oberliga (4de vlak) gerelegeer, die laagste wat die span nóg op die ligastruktuur gedaal het.
|
|
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.