Die Rooistertvylvis (Pervagor janthinosoma) is 'n vis wat voorkom in die westelike Stille Oseaan, die Indiese Oseaan en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Redtail filefish. Die onvolwasse visse mag die Oos-Kaap bereik.
Rooistertvylvis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Pervagor |
Spesie: | P. janthinosoma |
Binomiale naam | |
Pervagor janthinosoma (Bleeker, 1854) | |
Identifikasie
Die vis word tot 14 cm lank. Die voorste gedeelte van die lyf is donkerblou en die agterste helfte is groenbruin. Die stertvin is prominent oranje-rooi van kleur terwyl daar ook 'n swart streep op die kieue deksel is.
Die vis leef in tropiese strandmere en aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat 2 tot 20 m diep is. Die vis is gebiedsgebonde en sku; hulle skuil soms die korale. Hulle is meestal ook alleenlopers en kom ook voor in pare. Die vis vreet alge en 'n verskeidenheid klein ongewerweldes.
Sien ook
Bron
- The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3
Eksterne skakel
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.