From Wikipedia, the free encyclopedia
Die roofarend (Aquila rapax) is 'n groot roofvoël wat, nes alle ander arende, tot die familie Accipitridae behoort. In die verlede is gedink dat die voël nou verwant is aan die Steppe-arend, Aquila nipalensis, en die twee was voorheen as dieselfde spesie beskou. Later is 'n skeiding gemaak, gebaseer op duidelike verskille in die twee arende se morfologie en anatomie (Clark, 1992; Olson, 1994; Sangster et al., 2002).
Roofarend | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. rapax |
Binomiale naam | |
Aquila rapax (Temminck, 1828) | |
Sinonieme | |
|
In Engels staan die arend bekend as die Tawny eagle.
'n Roofarend is ongeveer 62–72 cm in lengte en het 'n vlerkspan van 165–185 cm. Dit is 'n groot arend met 'n geelbruin bolyf en donkerbruin tot amper swart vere op sy vlerke en stert. Die laerug is bleek in vergelyking met die res van die voël. Onvolwasse voëls het nie dieselfde kontras in kleur as die volwassenes nie.
Roofarende verkies 'n droë habitat, soos woestyne of savannas, waar hulle hul neste meestal in bome bou, maar ook op steil rotse of op die grond as dit moet.
Die voël kom in die meeste dele van Afrika voor, beide noord en suid van die Sahara-woestyn en ook in die tropiese gebied van Suidwes-Asië tot en met Indië.
Die wyfie lê 1 tot 3 eiers in 'n nes wat met stokkies gebou is.
Die roofarend se dieet bestaan hoofsaaklik uit enige soort vars aas. Die roofvoël sal ook klein soogdiere vang (nie groter as 'n haas nie), of klein reptiele of voëls (nie groter as 'n tarentaal nie). Die voël steel ook graag ander roofvoëls se kos.
Alhoewel die roofarend oor die algemeen 'n stil voël is, is hy wel in staat tot 'n kraai-agtige geblaf.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.