voormalige Umkhonto we Sizwe-lid From Wikipedia, the free encyclopedia
Robert McBride (gebore 6 Julie 1963) was hoof van die die buitelandse tak van die Staatsveiligheidsagentskap vanaf 1 Julie 2020 tot Julie 2021.[1][2] Hy was hoof van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Onafhanklike Ondersoekdirektoraat (Opod) tot in 2019. Hy was voorheen die hoof van die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit se verkeerspolisie. In sy jeugjare was hy betrokke by Umkhonto we Sizwe, die ANC se gewapende vleuel.
Robert McBride | |
---|---|
Gebore | Robert John McBride 6 Julie 1963 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Buitelandse se tak van die Staatsveiligheidsagentskap hoof |
Bekend vir | Bomaanvalle |
Politieke party | ANC |
Beide McBride se ouers was onderwysers. Hy is in Addington-hospitaal gebore en het in Wentworth, 'n voorstad 11 km vanaf Durban, grootgeword.[3]
Op 14 Junie 1986 speel hy 'n leidende rol met die opblaas van die "Why Not"-restaurant en die Magoo's Bar in Durban. Drie wit vroue is tydens die ontploffings dood en 69 mense is beseer. Hy is vervolgens in hegtenis geneem en ter dood veroordeel, maar is later begenadig. In 1992 word hy vrygelaat nadat sy optrede as "polities gemotiveerd" geklassifiseer is. Hy ontvang amnestie by die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK) nadat die ANC aanvanklik alle betrokkenheid by die gebeure ontken het.[4] Ten spyte van die amnestie beskryf die WVK die aanval as 'n "growwe skending van menseregte".[5]
Op 9 Maart 1998 is hy, destyds as hooggeplaaste amptenaar in die departement van buitelandse sake, op aanklagte van wapensmokkel in Mosambiek in hegtenis geneem. Sy verweer was dat hy die smokkel van wapens namens die Suid-Afrikaanse Nasionale Intelligensie (NIA) ondersoek het. Na 'n tyd in aanhouding is alle klagte teen hom laat vaar.[6] Mangosuthu Buthelezi, die hoof van die Inkatha-Vryheidsparty, het beweer dat die wapens vir sluipmoorde op IVP-leiers bedoel was.[7]
In 2003 is McBride as hoof van Ekurhuleni se metropolisie (verkeersafdeling) aangestel. Op 21 Desember 2006 is hy alleen in Centurion in 'n nagtelike motorongeluk betrokke.[8][9] Hy word in 2011 op aanklagte van dronkbestuur en dwarsboming van die gereg met vyf jaar gevangenisstraf gevonnis en is gevolglik uit sy pos ontslaan. In April 2013 word hy op parool vrygelaat.
In ‘n regsaak deur McBride teen The Citizen het die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika op 12 April 2011 beslis dat kritiek beskerm word, selfs al is dit hewig, mits dit 'n eerlike opinie uitspreek, sonder kwaadwilligheid, oor bewese feite. The Citizen-koerant het verskeie artikels teen die aanstelling van McBride in 'n senior polisiepos gepubliseer op grond van die feit dat hy 'n veroordeelde moordenaar was, ondanks die feit dat hy amnestie aan daardie misdaad toegestaan is ingevolge die Wet op die Bevordering van Nasionale Eenheid en Versoening. 34 van 1995 (Versoeningswet). Die hof het geredeneer dat die versoeningswet die feit dat McBride moord gepleeg het, nie verander het nie, en dat die openlike openbare bespreking van sy optrede as 'moordenaar' nie verbied is nie, of dat hy as 'n 'misdadiger' beskryf is en daarom die koerant se grondwetlike reg op vryheid van uitdrukking beskerm onder die Handves van Regte.[10]
Ondanks omstredenheid, word hy in Maart 2014 as die hoof van die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat van Suid-Afrika (Opod) aangestel.[11]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.