Sagteware (ook programmatuur genoem, teenoor "apparatuur" of "hardeware") is 'n generiese begrip vir 'n georganiseerde groep(e) kode wat instruksies verteenwoordig wat uitgevoer word deur 'n rekenaar. Sagteware word gewoonlik eers geskryf as bronkode, en dan verwerk na binêre formaat wat spesifiek is aan die verwerker of omgewing waarin die kode uitgevoer word.

Sagteware word gewoonlik verdeel in twee hoofkategorieë: stelselsagteware wat die basiese nie-taak-spesifieke funksies van die rekenaar verskaf, en toepassingsagteware wat gebruik word om spesifieke gebruiker-verwante take uit te voer.

Die begrip is die eerste keer in hierdie konteks gebruik deur John W. Tukey in 1957.

Stelselsagteware

Stelselsagteware is verantwoordelik vir die beheer, integrasie en bestuur van die individuele hardewarekomponente van 'n rekenaarstelsel so dat ander sagteware en die gebruikers van die stelsel dit sien as 'n funksionele eenheid sonder om besorgd hoef te wees oor die lae-vlak details soos byvoorbeeld die verskuiwing van data vanaf die geheue na die hardeskyf, of die vertoon daarvan op die skerm.

Stelselsagteware bestaan uit dinge soos 'n bedryfstelsel en 'n aantal fundamentele nutsprogramme, soos programme wat lêers manipuleer, stelseladministrasie verrig en wat hardeware- en netwerkkonfigurasie doen.

Toepassingsagteware

Toepassingsagteware word gebruik om ander take, buiten die bestuur van die rekenaarstelsel, uit te voer. Toepassingsagteware kan bestaan uit 'n enkele program, byvoorbeeld 'n teksredigeerder; 'n aantal programme (gewoonlik genoem 'n sagteware pakket wat saam werk om 'n taak uit te voer, byvoorbeeld 'n sigblad; 'n groter versameling (of suite) van onafhanklike programme wat vir verwante take gebruik word soos byvoorbeeld 'n kantoorproduktiwiteit-suite wat bestaan uit 'n woordverwerker, sigblad, ens.

Sagtewareontwikkeling

Sagteware word amper altyd ontwikkel met behulp van een of meer programeertale. Verskeie nutsprogramme word moontlik gebruik in die proses:

  • 'n teksredigeerder of 'n geïntegreerde ontwikkelingsomgewing
  • vertalers of interpreteerders
  • ontfoutingsprogramme

Verwante artikels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.