Die R532 is 'n streeksroete wat die R37-provinsiale pad met die R36-provinsiale verbind. Die roete begin waar dit van die R37 aftak, ongeveer 5 km suid vanaf Sabie en gaan deur die dorp. In Sabie gaan dit langs die Sabiewaterval verby. Die roete gaan noord, verby die Mac-Macwaterval en dan die Forestwaterval. Die roete deel dan die R533-streeksroete deur Graskop vir ongeveer 5 km.

Kitsfeite Streeksroete R532, Belangrike aansluitings ...

Thumb

Streeksroete R532
Belangrike aansluitings
Suidoospunt R37
  R533
R534
Noordwespunt R36
Ligging
DorpeSabie
Graskop
Snelwegstelsel
Genommerde roetes in Suid-Afrika
R531R533
Sluit

Drie kilometer nadat dit van die R533 afgetak het, tak die R534 sirkelroete (die God's Window-pad) hier af en sluit 6 km verder weer aan. Net voor die aansluiting is die afdraai vir die Lisbonwaterval en daarna die Berlynwaterval. Die roete gaan verby die Bourke's Luck-kolkgate en die Blyderivierspoort-natuurreservaat voor dit weswaarts draai en by die R36-provinsiale pad aansluit. (By hierdie aansluiting met die R36, moet gekies word om noord na die Abel Erasmuspas te draai, of suid na Ohrigstad.)

Sien ook

Bron

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.