Qacha's Nek

From Wikipedia, the free encyclopedia

Qacha's Nekmap

Qacha's Nek is 'n dorp in Lesotho, slegs twee kilometer van die Suid-Afrikaanse grens. Dit is sedert 1888 die hoofstad (kampdorp) van Lesotho se Qacha's Nek-distrik. Die dorp is 1 980 meter bo seevlak en het 'n bevolking van ongeveer 8 000 mense (2004).

Kitsfeite Land, Distrik ...
Qacha's Nek
Kampdorp
Thumb
Strate van Qacha's Nek.
Thumb
Qacha's Nek
Qacha's Nek
Koördinate: 30°7′0″S 28°41′0″O
LandVlag van Lesotho Lesotho
DistrikQacha's Nek
Hoogte
1 980 m (6 500 ft)
Bevolking
  Totaal8 000
TydsoneUTC+2 (SAST)
Sluit

Klimaat

Die dorp ontvang gemiddeld sowat 900 mm reën per jaar - die hoogste reënvalgemiddeld van al die distrikhoofstede van Lesotho. Dik wolke rol daagliks in vanaf die Indiese Oseaan, sodat dit gereeld mistig word in Qacha’s Nek. In die somer styg die dagtemperatuur gemiddeld tot slegs 17 °C, terwyl dit in die hoofstad Maseru heelwat warmer op 24 °C is.

Infrastruktuur

Daar bestaan geen teerpaaie wat vanaf Qacha’s Nek na die res van Lesotho strek nie. 'n Lughawe maak wel lugverbindings moontlik na en van Maseru.

Die enigste hospitaal in die distrik is in Qacha’s Nek te vinde.

Sien ook

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.