From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Punjabi's of Panjabi's (Pandjabi: پنجابی, ਪੰਜਾਬੀ) is 'n Indo-Ariese etniese groep met hul tuiste in Punjab van Suid-Asië, meer spesifiek in die noordelike deel van die Indiese subkontinent, vandag verdeel tussen Punjab, Indië en Punjab, Pakistan. Hulle praat Pandjabi, 'n Indo-Ariese taal.[19] Die naam Punjab beteken letterlik "land van vyf riviere" in Persies: panj ("vyf") āb ("water" of "rivier").[20] Die naam van die streek is deur die Turks-Persiese veroweraars van die Indiese subkontinent gevestig.[21] Na Punjab word in beide Indië en Pakistan dikwels as die broodmandjie verwys.[22][23][24]
Punjabi's | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 120 miljoen[1][2][3] |
Belangrike bevolkings in: | Pakistan 91 454 609[4][5] Indië 33 124 726[6] |
Taal: | Pandjabi |
Geloofsoortuiging: | Pakistan: Wes-Punjab – Islam (97%), Christendom (2,31%), met kleiner Sikh- en Hindoe-bevolkings Indië: Oos-Punjab – Sikhisme (58%), Hindoeïsme (39%), Islam (2%), Christendom (1,26%)[17][18] |
Verwante etniese groepe: | Ander Indo-Ariërs soos Bengale, Gujarati's, Marathi's, Rohingia, Sindhi's en Singalese |
Die samesmelting van die verskeie stamme, kastes en die inwoners van Punjab in 'n wyer gemeensame "Punjabi"-identiteit het aan die begin van die 18de eeu 'n aanvang geneem. Voor dit het 'n gemeensame "Punjabi"-identiteit in die sin van 'n etnies-kulturele identiteit en gemeenskap nie bestaan nie, hoewel die meerderheid van die verskeie gemeenskappe van Punjab sedert 'n lank tydperk oor kulturele en taalkundige gemeenskaplikhede beskik.[25][26][27]
Tradisioneel is die Punjabi-identiteit veral deur taalkundige, geografiese en kulturele eienskappe gekenmerk. Die identiteit is onafhanklik van die historiese of godsdienstige agtergrond, en verwys na diegene wat in Punjab bly, of met sy bevolking assosieer, en Pandjabi as hul moedertaal beskou.[28] Integrasie en assimilasie is belangrike dele van die Punjabi-kultuur, sedert die Punjabi-identiteit nie alleenlik op stamverbindings gebaseer is nie. Alle Punjabi's deel min of meer dieselfde kulturele agtergrond.[29][30]
Histories was die Punjabi's 'n heterogene groep en verdeel in 'n aantal stamme, biradari (letterlik "broerskap") genoem, waarin elke persoon aan 'n stam gebonde was. Die Punjabi-identiteit sluit egter ook diegene in wat nie aan een van die historiese stamme behoort het nie. Met die verloop van tyd het die stamstrukture minder belangrik geword en is deur 'n meer samehangende[31] en holistiese samelewing vervang, met gemeenskapsbou en groepsamehorigheid[32][33] as nuwe pilare van die Punjabi-samelewing.[34] In relatiewe kontemporêre terme bestaan Punjabi's uit drie oorwegende subgroepe: Punjabi-Moslems, Punjabi-Sikhs en Punjabi-Hindoes.[35]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.