Die prostaatklier, 'n deel van die voortplantingstelsel, kom voor by manlike soogdierspesies en is geleë onder die blaas en tussen die rektum, die sluitspier, 'n paar slagare en bondels senuwees. Dit blyk dat die funksie van die klier is om omtrent een derde volume van 'n man se saadvloeistof te produseer. Die klier is egter nie noodsaaklik vir voortplanting nie en dus kan dit as 'n relatief onbelangrike orgaan beskou word. Sommige wetenskaplikes vermoed egter dat die hoofdoel van die prostaatklier is om die voortplantingskanaal teen infeksie in die urienweg te beskerm.

Thumb
Anatomie van die manlike geslagsorgane:
1. Blaas, 2. Skaambeen, 3. Penis, 4. Swelliggaam, 5. Eikel, 6. Voorhuid, 7. Urinebuis, 8. Dikderm, 9. Rektum, 10. Saadblasie, 11. Saadleier, 12. Prostaat, 13. Cowper se klier, 14. Anus, 15. Saadleier, 16. Bytestis, 17. Testis, 18. Skrotum

Hoe dit ookal sy, vir sy grootte kan die prostaatklier heelwat probleme veroorsaak.

  • Prostaatkanker – die mees algemene kanker onder mans, en die tweede grootste oorsaak van mans se kankersterftes na longkanker.
  • Vergroting van die prostaat – een van die goedaardige gewasse wat die meeste in mans voorkom en baie ongemak en pyn veroorsaak.
  • Prostaatontsteking – die hoofoorsaak van urienweginfeksie by mans.

Sien ook

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.