From Wikipedia, the free encyclopedia
Anastasius I was die 39ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Anastasius I | |
---|---|
Geboortenaam | Anastasius |
Pontifikaat begin | 27 November 399 |
Pontifikaat eindig | 19 Desember 401 |
Voorganger | Siricius |
Opvolger | Innocentius I |
Gebore | |
Sterf | 19 Desember 401 |
Ander pouse genaamd Anastasius |
Pous Anastasius I is 'n Romein van geboorte. Op 27 November 399 volg hy Pous Siricius op en regeer tot sy dood op 19 Desember 401. Hy word opgevolg deur Pous Innocentius I. Die naam ‘Anastasius’ beteken ‘die heropgestane’.
Pous Anastasius I het Origenisme (die leerstellings van die teoloog Origenes van Alexandrië) veroordeel. Hy was bevriend met Hieronimus van Stridon, Augustinus en Paulinus van Nola. Daar word gesê dat hy die vader van sy opvolger Pous Innocentius I was.
Volgens oorlewering het hy karig en baie vroom gelewe. Daar is slegs drie briewe van hom wat behoue gebly het. Pous Anastasius I het die kerkskeuring met die kerk van Antiogië oorbrug.
Anastasius word as heilige in die Rooms-Katolieke Kerk vereer. Sy feesdag is 19 Desember. Die reliek van Anastasius is in 846 saam met die reliek van sy opvolger Pous Innocentius I deur die Saksiese hertog Liudolf na Gandersheim gebring.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Anastasius I (papa). |
Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.
Voorafgegaan deur Siricius |
Pous (Pontifex Maximus) 399 – 401 |
Opgevolg deur Innocentius I |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.