From Wikipedia, the free encyclopedia
Titus Maccius Plautus (ook net as Plautus bekend; c. 254-184 v.C.) was ’n Romeinse dramaturg uit die Oud-Latynse tydperk. Sy komedies is die vroegste Latynse letterkundige werke wat volledig bewaar gebly het. Hy het Palliata comoedia geskryf, die genre wat geskep is deur die vader van Latynse letterkunde, Andronicus.
Nadat sy toneeltalent ontdek is, het hy die name "Maccius" (’n narfiguur in gewilde klugspele) en "Plautus" (’n term wat "met plat voete/ore" beteken) aangeneem.[1] Die meeste van sy komedies is vir ’n Romeinse gehoor aangepas van Griekse modelle, en is dikwels regstreeks geskoei op die werk van Griekse dramaturge. Hy het die Griekse teks ’n geurtjie gegee wat by Romeinse gehore sou aanklank vind.
|
|
|
|
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.