From Wikipedia, the free encyclopedia
Pieter Theunis Christiaan du Plessis (gebore op 19 Mei 1935 in Nebo naby Lydenburg, Transvaal in Unie van Suid-Afrika, oorlede in Maart 2001 in Pretoria, Gauteng) was 'n boer en Suid-Afrikaanse politikus en 'n lid van die regerende Nasionale Party.
Du Plessis het as lid van die provinsiale raad van Transvaal gedien (1966-1970) en was parlementslid vir Lydenburg (1970 - 1989). In die kabinet was hy adjunkminister van finansies, adjunkminister van landbou en visserye (1980 - 1982), minister van mynwese en energie (1982 - 1983), mannekrag (1984 - 1989), en openbare werke en grondsake (1986 - 1989) in die P.W. Botha-regering.
Pietie was die seun van Johannes Petrus Lafras en Maria Susanna du Plessis (gebore Weimans), en het na sy skoolloopbaan in die landbou gaan studeer aan die Universiteit van Pretoria (1957). Hy het hierna voltyds geboer en was die voorsitter van die sojaboonprodusente-unie en voorsitter van die raad vir oliesade.
Hy het hierna in 1966 die politieke lewe betree as provinsiale raadslid van die Nasionale Party vir die kiesafdeling Lydenburg/Barberton. In die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1970 is Pietie du Plessis verkies tot die parlement vir die kiesafdeling Lydenburg. In 1972 word hy die voorsitter van die jeugbeweging van die Nasionale Party in Transvaal.
Hy is in 1980 deur P.W. Botha in die regering aangestel as adjunkminister vir finansies en het verskeie ministersposte beklee tot Januarie 1989, toe hy uit al sy ministeriële en parlementêre funksies bedank het na sy beweerde betrokkenheid by finansiële ongerymdhede.
In 1993 is Pietie du Plessis deur die hooggeregshof in Pretoria tot 9 jaar gevangenisstraf gevonnis vir 17 aanklagte, waaronder dié van bedrog. Hy word vrygelaat nadat hy 3 jaar vonnis uitgedien het. Hy sterf aan 'n hartaanval in Maart 2001.
Voorafgegaan deur L.A.P.A. Munnik |
Minister van Openbare Werke en Grondsake 1986–1989 |
Opgevolg deur George Bartlett |
Voorafgegaan deur Fanie Botha |
Minister van Mannekrag 1984–1989 |
Opgevolg deur Eli Louw |
Voorafgegaan deur Frederik Willem de Klerk |
Minister van Mynwese en Energie 1982–1983 |
Opgevolg deur Daniël Steyn |
Voorafgegaan deur Hendrik Schoeman |
Adjunkminister van Landbou en Visserye 1980–1982 |
Opgevolg deur Greyling Wentzel |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.