Peters-witkolvrugtevlermuis

From Wikipedia, the free encyclopedia

Peters-witkolvrugtevlermuis

Die Peters-witkolvrugtevlermuis (Epomophorus gambianus crypturus) kom voor in die kusgebiede van KwaZulu-Natal, die Krugerwildtuin, Zimbabwe en die Okavango Delta. Die vlermuis staan ook bekend as die Gambiese witkolvlermuis.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Peters-witkolvrugtevlermuis
Thumb
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Pteropodidae
Genus:
Epomophorus
Spesie:
E. gambianus
Binomiale naam
Epomophorus gambianus
(Ogilby, 1835)
Sluit

Voorkoms

Die soogdier se kleur wissel van bruin tot amper wit. By die basis van die ore is dit wit en die mannetjies het wit epoulette op die skouers. Die diertjie word tot 12 – 15 cm lank en weeg 80 – 140 g.

Habitat en gewoontes

Hulle verkies rivierbos en ander bosse met vrugtedraende bome. Hulle eet sagtevrugte soos wildevye en jakkalsbessies. Die mannetjie se eentonige "pieng"-geluide kan snags gehoor word. Daar word een kleintjie vroeg in die somer gebore.

Sien ook

Bron

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.