Paul Lückhoff (1953 - 17 September 2024) was ’n Suid-Afrikaanse akteur van die verhoog, televisie en rolprente. Hy was lid van Swaruk en Sukovs voordat hy in 1981 by Kruik aangesluit het. In 1982 het hy vryskutwerk begin doen.[1]
Paul Lückhoff | |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaans |
---|---|
Beroep(e) | Akteur |
Rolprente | Triomf |
Toekennings | Dalro-toneelprys |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Hy is veral bekend vir sy rol van Saul in Dalene Matthee se Kringe in ’n Bos. Ander belangrike rolle was Elias in Fiela se Kind, die kultusleier Menasse in die sepie Egoli – Plek van Goud en Pop Benade in die rolprentweergawe van Triomf.
Loopbaan
Op die verhoog het hy opgetree in ’n Stryd met Engele, Atlantis! Atlantis!, Die Vasvat van ’n Feeks, Die Leeu in die Winter, Ek, Anna van Wyk, Die Koggelaar, Die Groot Wit Roos en Not With My Gun.
Op televisie was Lückhoff in Arsenaal (seisoen 1), oom Wimpie du Toit in Binnelanders (seisoene 8 tot 15), Felix Venter in Hopeville (seisoen 1), Dirk in Onder Draai die Duiwel Rond (seisoen 2) en Doc Botha in Plek van die Vleisvreters (seisoen 1).[2]
Sy rolprentrolle sluit in generaal Andries Cronjé in Verraaiers, Frik de Klerk in Platteland, Harry Gouws in Stargazer, Felix Venter in Hopeville en Pietman in Broer Matie.
Pryse
Lückhoff het ’n Dalro-prys gewen vir beste manlike byspeler in die toneelstuk Die Leeu in die Winter.
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.