Pannoniese Laagvlakte
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Pannoniese Laagvlakte (ook Pannoniese Bekken of Karpatebekken genoem) is 'n uitgestrekte laagvlakte in suidelike Oos-Sentraal-Europa waardeur die middelloop van die Donau en die Theißrivier se benedeloop loop. Die bekken is grotendeels in Hongarye geleë, maar strek tot in die gebied van vyf ander lande. In geologiese opsig hoort ook die klein Weense Bekken in Oostenryk en die Karpateboog by die vlakte. Die laagvlakte, wat in die ooste deur die Karpate-bergreeks begrens word, vorm die mees westelike deel van die Eurasiese steppegordel. Die Pannoniese Laagvlakte word in die suide deur die Savarivier begrens.
Die laagvlakte se naam is afgelei van Pannonia, 'n antieke streek wat in 9 n.C. as provinsie by die Romeinse Ryk ingesluit is, en sy naamgewende volk, die Pannoniërs. Die antieke Pannonia was in die ooste van die huidige Hongarye geleë.
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.