From Wikipedia, the free encyclopedia
Optel in Wiskunde, beteken om bymekaar te tel of te reken.
Voorbeeld: 10 – 3 = 7 kan ongedaan gemaak word deur te sê 7 + 3 = 10.
Voorbeeld: 7 + 3 = 10 kan ongedaan gemaak word deur te sê 10 – 3 = 7.
Voorbeeld: As 3 214 + 455 = 3 669, dan is 3 669 – 3 214 = 455 en 3 669 – 455 = 3 214.
Voorbeeld: 4 503 bestaan uit 4 duisende, 5 honderde en 3 ene. 4 503 = 4 000 + 500 + 3
Voorbeeld: die syfers van 4 503 is 4, 5, 0 en 3.
Gebruike van heelgetalle:
Heelgetalle word op 'n getallelyn uitgebeeld.
Onthou, hoe groter die getal na die minus(-) hoe kleiner waarde stel dit voor, bv. -10°C is kouer as -5°C
Voorbeeld: 6; 3; 0; -3; -6; -9; ens.
Dalend – van groot na klein
Pasop vir die getal na die minus(-) dit is nie die waarde nie!
Voorbeeld: Rangskik 2; -10; 6; -12; 0; -7 in dalende orde = 6; 2; 0; -7; -10; -12
Maak seker watter getal se waarde is meer en laat die oopkant van die bekkie na hom wys.
Voorbeeld: -102 > -201
Dieselfde getal met teenoorgestelde teken. Dus is 3 se optellingsinverse -3 en -7 s'n 7. Die som van dié twee getalle sal altyd 0 wees!
Voorbeeld: 3 + (-3) = 0 of (-7) + 7 = 0
’n Positiewe getal plus nog ’n positiewe getal gee altyd ’n POSITIEWE antwoord.
Voorbeeld: 5 + 2 = 7
’n Negatiewe getal plus nog ’n negatiewe getal gee altyd ’n NEGATIEWE antwoord.
Voorbeeld:(-3) + (-2) = -5
MAAR wanneer ’n negatiewe getal en positiewe getal bymekaar getel word in enige VOLGORDE, gebeur die volgende:
Trek die kleiner getal van die groter een af, die antwoord kry die teken van die grootste
getal, bv. -2 + 3 = 1 of 5 + (-7) = -2
Dit is dieselfde as die optel van sy optellingsinverse.
Voorbeeld:(-3) - 2 = (-3) + (-2) = -5
3 – 5 = 3 + (-5) = -2
(-2) – (-3) = (-2) + (3) = 1
Herlei altyd wiskundige probleme na wiskunde taal en gebruik ’n getallelyn om jou te help bereken.
Negatiewe getalle | Nul | Positiewe getalle |
Onder 0°C | 0°C | Bo 0°C |
Onder water | Watervlak | Bo water |
Onder grond | Grondvlak | Bo die grond |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.