From Wikipedia, the free encyclopedia
National Public Radio (NPR, gestileer as npr) is 'n Amerikaanse nie-winsgewende media-organisasie wat op lidmaatskapbasis bedryf en uit privaat en openbare bronne befonds word. NPR, wat sy setel in Washington, D.C. het, verskil van ander nie-winsgewende media-organisasies op lidmaatskapbasis, soos byvoorbeeld Associated Press (AP), ten opsigte van sy stigting - dit is volgens 'n Kongreswet gevestig - asook die eienaarskap van sy lidstasies. Die meeste hiervan is in besit van regeringsliggame (dikwels openbare universiteite).
Hoofkantoor
1111 North Capitol St. NE
Washington, D.C.
Verenigde State
Stigting
26 Februarie 1970
Webtuiste
npr.org
NPR dien as nasionale koördinerende radioliggaam vir 'n netwerk van meer as 1 000 openbare radiostasies in die Verenigde State. NPR bereik gehore, wat op sowat 105 miljoen luisteraars en lesers per maand beraam word, deur die volledige spektrum van mediaplatforms, insluitende radio, slimluidsprekers, die webtuiste npr.org, sosiale media, NPR-toepassings en potsendings.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.