From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Nasionale Kuršių Nerija-park (Litaus: Kuršių Nerijos Nacionalinis Parkas, KNNP) is 'n nasionale park in Litaue wat sedert 1961 as natuurbewaringsgebied bestaan het en in 1991, ná die onafhanklikwording van Litaue, tot nasionale park verklaar is. Die parkbestuur is buite die nasionale park in die hawestad Klaipėda.
Nasionale Kuršių Nerija-park Kuršių Nerijos Nacionalinis Parkas (lt) | |
---|---|
Land | Litaue |
Provinsie | Klaipėda |
Naaste dorp | Neringa |
Koördinate: 55°28′52″N 21°05′49″O | |
Oppervlak | 264 km² |
Openingsjaar | 1991 |
Webblad | Nasionale Kuršių Nerija-park |
Die nasionale park beslaan die Litause gedeelte van die Koerse Skoorwal (36,9 persent van die park se totale oppervlakte van 26 474 hektaar). Daarnaas is die aangrensende Oossee-gebied (47,2 persent) en dele van die Koerse Haf (15,9 persent) by die park ingesluit.
Die Koerse Skoorwal word buitendien sedert die jaar 2000 as UNESCO-wêrelderfenisgebied beskerm. Saam met die Koerse Haf en die Nemunas-rivierdelta - 'n natuurbewaringsgebied volgens die Ramsar-konvensie - vorm die Nasionale Kuršių Nerija-park die grootste Litause Natura 2000-gebied.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.