Die NG gemeente Derby is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Wes-Transvaal).
Die gemeente is in 1957 gestig. Die kerkgebou is geleë in Kerkstraat, Derby. In 2015 was die leraar ds. E.H. Ferreira. Daar was in 2015 58 doop- (vier meer as die jaar vantevore) en 251 belydende (agt meer as die jaar vantevore) lidmate, vergeleke met onderskeidelik 205 en 355 in 1985. in die NG Jaarboek van 2021 was die syfers 64 en 254.
Enkele leraars
- Jan Hendrik Crous, 1958 - 1961
- Johan Christiaan Lamprecht, 1965 - 1974
- Etienne Hermann Ferreira, 2006 - hede
Bronne
- Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC - 'n divisie van Bybel-Media.
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.