NG gemeente Chipinge
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die NG gemeente Chipinge, vroeër bekend as Melsetter, is die derde oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Zimbabwe wat, sedert die ontbinding van die Sinode van Midde-Afrika, onder die Noordelike Sinode val as deel van die Ring van Midde-Afrika.
Op 7 Maart 1895 het ds. Pieter Adam Strasheim, indertydse leraar van NG gemeente Wynberg, opdrag gekry om te gaan "als verteenwoordiger onzer Kerk in Mashonaland om onze verstrooide leden aldaar te bezoeken, ze waar mogelijk tot eene gemeente te vormen". Die gevolg van sy geslaagde besoek was die stigting van vier gemeentes in die destydse Suid-Rhodesië: Bulawayo (6 September 1895), Enkeldoorn (9 November 1895) op die teenswoordige Chivhu, Melsetter (12 Oktober 1895) op die teenswoordige Chipinge en Fort Victoria (16 November 1895), wat doodgeloop het tot dit in 1936 opnuut gestig is.
Teen 1933 het die gemeente uit 308 lede en 580 siele bestaan en was die leraar ds. C.A. van Schalkwyk. Teen 1990 het die lidmate afgeneem tot 54 en 20 jaar later (2010) tot 41.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.