From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Musée maritime fluvial et portuaire is 'n museum in die Normandiese stad Rouen wat oor die geskiedenis van die plaaslike hawe, een van die grootstes in Frankryk, handel. Die museum is in die jaar 1999 geopen.
| ||||
---|---|---|---|---|
Land | Frankryk | |||
Stad | Rouen | |||
Versameling | Skeepsvaart | |||
Uitgestalde stukke | meer as 2000 | |||
Oppervlakte | 900 m2 | |||
Openingsjaar | 1999 | |||
Besoekers per jaar | ongeveer 10000 | |||
Adres | Loods Nommer 13, Quai Émile Duchemin, 76000 Rouen | |||
Naaste bushalte | Mont-Riboudet (T1, T2, T3, 16) | |||
Webadres | http://www.musee-maritime-rouen.asso.fr/ | |||
Sien ook: Museum |
Die hoofonderwerpe is:
Die museum vertoon onder meer enjins van rivierbote, stoombote wat deur vissers gebruik is, 'n newelbel, 'n duiker en die afdruk van 'n radiokamer van 'n skip gedurende die 1960-jare.
Die geraamte van 'n jong walvis (verskaf deur die museum d'histoire naturelle de Rouen) word in die middel van die museum vertoon. Dit is 'n gewone vinvis, wat slegs 7 jaar oud was toe dit dood is nadat dit self gestrand het.
'n Rivierboot met 'n lengte van 38 meter, wat die Pompon Rouge heet, kan in die binnehof van die museum besigtig word. Dit vertoon watervervoer op riviere, met onder andere 'n sluismodel.
Verder is daar reëlmatige uitstallings oor verskillende temas, byvoorbeeld die vervoerbrug van Rouen en die Wikings.
Die museum word in 'n deel van die hawe se voormalige loodse gehuisves. Die loods is in die jaar 1926 gebou en tot die sewentigerjare deur die Schiaffino-maatskappy gebruik. Teen 1984 was dit nie meer deur die hawe in gebruik nie.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.